, oxtail beesstert potjie resep vir potjiekos, Jane's Corner

oxtail beesstert potjie resep vir potjiekos



Beesstert potjie met wortels en tamaties

1kg Beesstert
2 aardappels
1 wortel
2 tamaties
2 uie

speserye:
knoffel na smaak
gemmer na smaak
1 stokkie kaneel
kerrie na smaak
naeltjies na smaak
pepper na smaak
braai sout
knorrox sop
Lourierblare (bay leaf)

rooi wyn
balsaamasyn
konfyt
olyf olie

gooi ‘n bietjie van die kerrie oor die beesstert. Gooi rooi wyn, balsaamasyn en konfyt oor die beestert om dit te marineer voeg ‘n paar naeltjies, knoffel en gemmer by.

Kap aardappels, wortel en uie. Maak vuur, plaas potjie op vuur. Nou voeg olyf olie by die potjie. Plaas beesstert in die potjie. Gooi spesery oor die beestert in die potjie en roer tot dit bruin is. Voeg gekapte uie en knoffel by. Braai tot glaskleur. Roer dit. voeg knorrox by. Voeg marinade by. laat dit prut vir ‘n rukkie. voeg wortels by. voeg aardappels by. laat dit prut. kap tamatie en voeg dit by. voeg water of rooi wyn by indien nodig. Na twee ure behoort dit reg te wees.

Dutch oven oxtail recipe – subscribe to get more recipes, meer resepte

source

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *